Die Klippie in die Skoen

Dit is alles die klippie in sy skoen se skuld, dink hy terwyl hy sy selfoon by die polisieman vat met ‘n stram kopknik. Anne klik simpatiek haar tong en slaan haar arm ondersteunend om sy middel.

Hoe die ding in die eerste plek in sy skoen beland het, weet hy nie, maar hy het gestop en sy skoen uitgetrek en die klippie uitgeskud. Dit het hom laat gemaak vir die 7 uur Red Cat bus in die midde stad van Perth. Hy hou nie daarvan om later op die busse te klim nie, want dan moet hy gewoonlik onder die kieliebakke van die massas staan en hy kan die vuilsuur reuk van dae oue sweet nie verdra nie. So moes hy toe staan langs ‘n ou kaalvoet Aborigine wat na blou spirits en ou knoffel geruik het.

Hy het so gekonsentreer om nie sy ontbyt weer te moes sluk nie, dat hy nie opgemerk het hoe die skoolkind feitlik teen hom kom staan het nie. Hy het wel gevoel toe die hand in sy boudsak grawe vir iets. Hy het die handtou aan die dak van die bus gelos en die hand op sy boud vasgegryp en omgekyk in die verbaasde uitdrukking van die meisie.

“What you doing mate?” het sy gevra.

“Give back what you took,” het hy gefluister.

“I didn’t take anything,” het sy protesteer, gemaak gekrenk.

En toe breek die hel los op die bus. Sy skreeu hy het haar bevoel en hy het probeer verduidelik sy het sy foon gesteel. Die busbestuurder het dadelik gestop en die polisie laat kom, wat soos blits op die toneel was. Albei van hulle is hardhandig van die bus gehelp en na die polisiestasie gevat.

“You can go mate, this one is known to us,” het die kolos van ‘n polisieman hom meegedeel en sy selfoon vir hom aangegee.

“Ek het jou baas laat weet jy gaan laat wees vir werk vanoggend,” sê Anne.Verbeel hy hom of dit klink of sy ‘n lag wegbyt?

“Dankie. Onthou tog dat ek more-oggend seker maak daar is nie klippies in my skoene nie.”

(Nog ‘n kreatiewe skryf kursus opdrag.)

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s