Skrywersblok

‘Miskien sal ‘n koppie koffie help,’ dink sy terwyl sy opstaan, en dan maar weer sit.

‘Sit, jy wil mos ‘n skrywer wees, en oom P.G. du Plessis sê juis jy moet jou alie vas gom aan die stoel. Sit suster!’ Sy rol haar trouring om en om haar vinger. Sit terug in die stoel en kyk vir die skerm. Lek oor haar lippe, proe die soet van die fudge blokkie van neffens.

‘Op die trant gaan ek so dik soos ‘n bus word, want ek eet meer as wat ek skryf.’

Sy hou aan staar na die reëls op haar skerm. “Susan Botha het ‘n skrywersblokkasie. Sy kom nie verder as ‘n reël of twee van haar kortverhaal nie.”

(Kreatiewe kursus opdrag)

One thought on “Skrywersblok

  1. Toe ek kreatiewe skryfwerk as deel van my graad moes deurkom, het die dosent gesê “Skryf net”. En dit het gewerk! “Megan sit en tik kommentaar op ’n blog-inskrywing van iemand wat kla oor skrywersblok. Haar raad is eenvoudig, dog kompleks en iets wat skrywers almal oor eeue heen self moes agterkom” – Sien? Skryf net 🙂

    Like

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s