Die onsigbare vroue

Ek vertel gereeld tong in die kies dat ek ’n tall and slim personality het, maar dat ek in werklikheid kort en vet is. Daar was ’n tyd many moons ago dat ek ten spyte van die kortgeit eintlik heel skaflik gebou was, en gekombineer met daardie lank en skraal persoonlikheid was ek nogals… nou ja, ’n force to be reckoned with.

Intussen het die jare geloop en hierdie wonderbare skepsel het ’n ander wonderbare skepsel gehuisves, ’n trek na Australiē deurgemaak, die TimTams by die dosyne saam koffie geslurp, nog ’n wonderbare skepsel gehuisves, agtergekom haar hormone hardloop sirkels om haar en dat swaartekrag harder begin trek nader aan veertig.

En so staar ek die afgelope jaar ’n ander werklikheid in die oog: ek is besig om onsigbaar te word! Die lank en slanke persoonlikheid is steeds daar wanneer ek gaan grou in die liaseerkabinet van weleer, maar die Marlize wat daarby pas, is weg.

Ek is die eerste keer gekonfronteer met my onsigbaarheir toe ek by die glasdeure van ’n winkelsentrum ingestap het. Met die instap verwag ek om myself te sien in alle glorie, maar in plaas daarvan kom ’n kort vet vroutjie my tegemoet. Meer boude en heupe en maag as wat daar bolyf is. Ek kyk toe maar links en soek die vrou wat nounet hier van voor af gekom het, sodat ek darem kan groet, maar sy missing. Dieselfde vrou het my begin agtervolg wanneer ek verby die biblioteekvensters in Clarkson stap. Ek wou nie te opsigtelik staar nie en het maar vinnig vorentoe gekyk.

So begin my roete na onsigbaarheid. Ek kom agter dat dit makliker is om myself mis te kyk as wat dit is om myself raak te sien. En tegerlykertyd kom ek agter dat dit moeiliker raak om my geliefde te glo wanneer hy sy liefde aan my verklaar. Ek kyk hom nie meer in die oë wanneer hy my groet soggens, en druk liewer my gesig in die holte van sy nek, want ek voel ongemaklik oor die refleksie wat ek sien wanneer hy na my kyk. Kan ek hom regtig glo? Is dit moontlik dat ek, 19 lange jare en tallose voorkomsveranderings later, steeds sy hart laat tjoklits klop?

Maar soms, wanneer die son my so half van agter vang en die skaduwees begin voor my uitloop, sien ek ’n weerkaatsing wat herinner aan die vrou van my jong dae – ‘n jonk vrou met mooi reguit skouers en ’n slanke nek, wat stap met ’n effense heupswaai. Vir ’n oomblik voel ek ’n blydskap in my menswees opspring – sy het oorleef! Die tall and slim personality is steeds daar, onlosmaaklik geheg aan die some van my siel, soos Peter Pan se skaduwee. Tervergeefs probeer ek haar inloop, want ek wil hoor hoe dit gaan, wat sy doen en waarmee hou sy haar besig, maar sy bly net-net ontwykend.

In my onsigbaarheid hou ek mense dop, wanneer ek in koffie shops sit. (Ek is ’n koffieshopaholic. My kinders kon stil sit in ‘n koffiewinkel nog voor hul kon stilsit in ‘n kerk. Ek looooove koffie en dit is vir my en my mannetjiekinders is ‘n ontvlugting van ons homeschool dag.) My oog word outomaties getrek na ander onsigbare vrouens, en daar is baie. Hulle is vrouens wat net bestaan tussen die papborde van die oggend, die chaos wat agterbly wanneer die kinders in die skoolkar geboender word, die vuil koffie bekers wat net neergesit word en die vuil onderbroeke met die briekstrepe wat sy in die wasmasjien gooi. Ek sien vrouens wat die denim wat hul aanhet, vanoggend van die vloer af opgetel het, want hulle het nie die krag om hul maag te probeer intrek omdat die nuutgewaste een vir ’n oomblik te styf gaan sit en hul nie die emosionele energie het om nog skuldig te voel oor gisteraand se klein stukkie sjokolade nie. Ek sien vrouens wat wroeg omdat hul nie aan die oënskynlike verwagtings van hul geliefdes voldoen nie. Vrouens wat skuldig voel omdat hul huise nie so netjies is as wat hul dit graag wil hê nie, wat skuldig voel omdat hul nie so baie bereik as van hul tydgenote nie, wat skuldig voel omdat hul nie finansieël bydra tot die gesin nie, maar by die huis bly en veronderstel is om tuiste te skep, terwyl haar skeppingsinisiatief ’n stille dood gesterf het. Hulle stap oral om my rond – hierdie onsigbare vrouens wat in hul stilligheid dink: “Why bother?”

Hoekom die moeite doen wanneer  niemand dit raaksien nie?

’n Ma van ’n dogter op die vooraand van tienerskap vertel my hoe die dogter wil weet hoeveel geld pappa verdien sodat sy kan weet hoe baie om te nag vir sekere goed! Haar ma vertel haar dat al kry hulle dalk ’n bogemiddelde salaris, daar steeds baie dinge is waarsonder hulle klaarkom sodat die kinders toegang kan hê tot goed wat hul graag wil doen.

“Soos wat?” Wil die dogter weet.

“Ek sny nie my hare gereeld nie,” sê die ma, “ek laat doen nie my naels nie, ek koop nie gereeld nuwe klere nie.”

“Wil jy jou naels laat doen mamma?” Vra die meisiekind. Asof sy vir die eerste keer daaraan dink dat haar ma actually vrou is. Soos sy. En ’n onsigbare vrou word vir ‘n splitsekonde sigbaar.

Nou wat het hierdie met liefde te doen? Dit voel allermins na ’n viering van die liefde, hierdie vertelling van my, ne?

Tog het dit alles met die liefde te doen. Want hoe kan jy ander lief hê, regtig lief hê wanneer jy jouself nie lief het wanneer jy in die spieël kyk en jy verwens jou heupe en jou maag wat oor jou panty hang, wanneer jy na jou gesig kyk en jy is nie genadig met die kraaispore wat begin loop van jou oog na jou haarlyn toe nie. Hoe kan jy werklik iemand lief hê soos jouself as jy nie jouself lief het nie?

Hierdie onsigbaarheid is soos ‘n woestyn  Dit is vrek eensaam daar. Mens praat lelike dinge met jouself en jy wonder lelike dinge oor jouself.(Bietjie van die pad af, maar tog relevant – Ek doen nie swangerskap klein nie. Ek het met elke baba – oor die 30 kilogram opgetel. Ten spyte van die tall and slim personality was ek nog altyd kort!

Elke geval, so stap ek by Tots and Tums in die Clear Water Mall in Roodepoort in en die vrou wat my moet help, in my hoogswangerskap gloed om ’n rokkie – Let well rokkie, te soek sê:”Jirre vrou, is jy seker dit is nie ’n tweeling nie!?  Kyk jou heupe en jou arms!” Nodeloos om te sê, het ek met leë hande daar uitgeloop en met die uitloop slag die Here gevra om my asseblief te help om myself te sien soos Hy my sien.)

En soos ek loop en voorberei aan hierdie praatjie wys Hy vir my al die vrouens wat Hy raakgesien het: Sarai wat lag oor sy nie kon glo sy sou swanger raak nie, Hagar die weggejaagte slavin met haar kind in die woestyn, Ragab die hoer in Jerigo, Rut die weduwee aan die voete van Boas, Naomi die verbitterde Mara wat haar kleinkind aan die bors laat drink, die vrou wat jare aan bloedvloeing gely het en Hom aangeraak het toe niemand haar sien nie, die vrou by die put (ek het vir haar ‘n sagte plekkie). Almal woestynvrouens – eensame vrouens.

En, nege jaar later moet ek weer vra: “Help my om myself te sien soos U my sien.” Ek moes daar in die woestyn van onsigbaarheid gaan staan en stil raak en ek moes gaan leer hoe om genade met myself te hê.

Vir te lank het ek vir ander gewag om die tall and slim personality te kom verlos uit die beperkinge wat ek haar ingeplaas het. Vir te lank het ek gedink as ek wegkyk van die weerkaatsing dan kan ek ontken dat ek verander het. Maar met die baie wegkyk het ek myself verloor. En niemand kan jou vind, soos jy jouself kan vind nie. Jy moet net eenvoudig jou stoute skoene aantrek (en ja dames, ek het stoute skoene aan, al pyn my tone van die gout!) en sê: It’s time my girl, it’s time!

Tussen die rakke van die Spoil Yourself rokwinkel ontdek ek toe weer vir Marlize met die lank en slanke persoonlikheid in die spieël, en ek neem summier ‘n selfie, want ek dog toe so by myself dat ek wragtig hierdie oomblik moet vaslê. Ek voel so ietwat narcisisties, want ek onthou skuldig dat dit veronderstel is om vreeslik ydel te wees om so aanhoudend kiekies van jouself te neem , soos die berugte Kim Kardashian doen. ‘n Paar weke later gaan ek terug na die einste winkel net om seker te maak dat daardie Marlize nie ‘n mirage was nie, maar regtig egtig daar gestaan het – en jip, sy is steeds daar. Daardie Saterdag besluit ek dat ek ‘n stukkie van daardie gevoel weer wil vasvang, en ek tittivate omtrent. Ek het rooi lipstick aan, die hare is gedoen, die step in druk elke kurwe in plek en my man gaan saam.

Want al kan ek soms vir myself lieg, hy kan nie, ek ken hom te goed. Maar jy sien, my liefling kyk met ander oë. Hy kyk met oë wat dieper kyk as die meer heupe, boude en maag as borste. Hy kyk verby die buitekant en sien die vrou wat hom inwag met ’n glimlag (meestal) wanneer hy huis toe kom. Hy sien sy ‘best mate’ wat op haar ouderdom van 40 jaar skielik leer whiskey drink het toe wyn te sleg word. Hy het nog nooit ophou kyk na die lank en slank Marlize nie, want sy liefde vir my word nie gemeet aan hoe ek lyk nie. Sy liefde lyk soos Vader my sien.

So haal ek haar toe weer in, daar is die spieëls van Spoil Yourself – die jong vrou van 20 plus jaar terug. Die een met die mooi glimlag en die swaai in haar heup. Die vrou wat ek soms in die skadu wat my volg, raaksien. En Vader wys my hoe Hy my sien. En ek laat myself toe om te glo dat dit werklik die waarheid is. Dat al het die jare kom sit soos die ringe van ‘n boom, dat ek steeds ek is. Dat ek steeds spesiaal is. Dat Hy my raaksien.

Max Lucado het ‘n kinder storie geskryf oor Pinkenolsie met die baie swart kolle. Hy is een van daardie Wemmels wat nie die hoogste sport in alles bereik nie, en gereeld sy naam met ‘n plank slaan. En wanneer hy sy naam met ‘n plank slaan dan gee die ander vir hom ‘n swart kol. Diegene wat hoog oor die bokse kan spring, of mooi kan sing, hulle kry die sterre.

Maar eendag ontmoet hy vir Lola en in haar wit rokkie is sy anders. Die sterre plak nie vas nie en die kolle plak nie vas nie. Sy vertel hom dat sy elke dag vir Eli, die skrynwerker gaan kuier. Pinkenolsie skep die moed bymekaar en vat die paadjie af na die shed teen die bult en ontmoet daar vir Eli. Die vertel hom dat dit werklik net saak maak wat hy van hom dink, en hy dink Pinkenolsie is spesiaal. Met die uitloop slag dink Pinkenolsie so by homself: Miskien is hy reg. En die eerste swart kol val af.

Dames, ek wil julle bemoedig en aanmoedig: Jy is spesiaal, daar is net een soos jy wat weet hoe om jy te wees. Begin dit glo, kyk in die spieël en sê vir jouself “Ek is eintlik dêm oraait.” (soos my pa altyd gesê het.)

Marianne Williamson in haar boek, A return to Love: Reflections on the Principles of “A Course in Miracles” het gesê: “Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, ‘Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?’ Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won’t feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It’s not just in some of us; it’s in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.”

Dit is die liefde wat ek vier, liefde van ’n perfekte Skepper wat tyd geneem het nog voor die begin van die aarde en besluit het dat ek behoort in ’n tyd soos nou. Hy het ’n doel gehad met die skepsel genaamd Marlize, (wie se naam beteken ‘Lady whose God is gracious’) en Hy het geweet dat dit ’n plan van voorspoed en nie van teenspoed is nie. Daardie liefde is werd om te celebrate – hoe kan ek dan nou twyfel daarin?

2 thoughts on “Die onsigbare vroue

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s