net Genade

My eerste digbundel is gepubliseer! ‘n Eg Aussie produk, geskryf in Afrikaans. Wanneer laas kon jy ‘n Afrikaanse boek in Australië van ‘n Afrikaanse skrywer af bestel en redelik seker weet dat jy nie maande hoef te wag vir die posman om dit te kom aflewer nie? Hier is jou kans:)
net Genade is ‘n groepie van 30 gedigte wat ek nou al vir jare in my rekenaar se hardeskryf saamdra. Ek het hulle getimmer en wat nou op die papiere van ‘n dun boekie is, is my hart op papier.
Vir net $16.20 kan hierdie boekie (binne Australië) (waarvan ‘n berperkte oplaag gedruk is) joune wees. Maar wag, daar is meer! 🙂  (Wou dit nog altyd sê) Geregistreerde posgeld is by die prys ingesluit! En jy hoef dus nie nog posgeld bo en behalwe die prys te betaal nie:)
Hoe gemaak om die trotse leser van ‘n net Genade bundel te word? Kontak my via die ‘contact me’ opsie en ek sal van daar af met jou kommunikeer.
Ek heg die voorblad en die Spreuke vrou gedig aan, vir so ‘n proeseltjie. Die illustrasies in die boekie is gedoen deur Amelia Sonnekus van Shining Hands. Jy kan haar gerus kontak vir enige grafiese ontwerp wat jy gedoen wil hê, veral wanneer jy op soek is vir iets met ‘n anderster skop

Net genade CoverFeb14Edit

4 thoughts on “net Genade

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s