Skoonmaak moles

Martie sluit die huurhuis deur oop en spring opsy toe die hond uithardloop. Sy is nie ’n skrikkerige mens nie, maar voel tog bietjie onverhoeds betrap deur die teenwoordigheid van die hond. Dit gebeur soms dat huurders oornag pad geen en hul troeteldiere agterlos. Sy is sommer gegrief, sy kan haar voorstel dat dit ’n gemors gaan wees met die hond wat hoeveel dae dalk daar binne toegesluit was. Sy los die veligheidsdeur en dit slaan toe. Sy staan op die stoep en hou die hond dop.
Dis asof die dier nog nooit buite was nie. Sy hardloop van die een graspol na ’n ander, ruik hier, ruik daar, pie hier, pie daar. Sy hurkloop en druk haar derms leeg.
Sy kom stert tussen die bene nader na Martie en draai haar pens. As sy moes raai sou sy sê dat dit ’n toypom poedelrige hond is. ’n Regte ou vrou hondjie.
Martie sit die emmer en mop neer en loop terug na haar motor om die stofsuier te gaan haal. Die hond maak haar onrustig. Sy’s nie veronderstel om daar te wees nie. Daar is nie veronderstel om enige lewe in ontruimde huurhuis te wees nie.
Sy maak weer die veiligheidshek oop.
“Wat soek jy?” kras ‘n ouvrou stem.
Martie ruk van die skrik. “Ek kom die plek skoonmaak.” Sy klap haarself denkbeeldig teen die kop. Plaas sy vra wat maak sy daar, of wie is sy. Maar nee, sy antwoord die ooglopendste antwoord. Haar hele lewe lank ly sy aan vertraagde reaksies. Sy sal seker eers dae later agterkom as sy dood is ook.
“Kom, kom, ttt…ttt,” tongklap die vrou, kompleet soos sy sou maak met ’n hond.
Martie stap versigtig in, die gordyne hou die lig uit. Sy soek die eienaar van die stem, soek die lyf wat saam die swaarsoet reuk van Moondrops gaan.
“Waar is u?” Sy kon nog nooit ’n ouer persoon jy en jou nie.
“Wil jy ’n koekie hê? Kom, kom, ttt…ttt. Gee my ’n bekkie. Dankie Grietjie.”
Die vrou is mal, dink Martie. Sy stap in die rigting van die stem. Sy hou die stofsuier pyp soos ’n krieketkolf vas.
Sy ruk van die skrik toe die pappegaai sy vlerke teen die tralies van die kou klap en word lam toe sy die ou vrou op die grond langs die hok sien lê.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s