Ek het eens ‘n man bemin

Ek het eens ’n man bemin. Nie ’n mooi man nie. ’n Jong man met ’n lyf buite verhouding, ’n groot neus, lang vingers, vol lippe en bokkie bruin oë, met ’n wegflip kuif, en ’n rooi wyn stem. Ek het hierdie man met my hele asem lief gehad.
Vir lank. Baie lank.

’n Week voor ek sou trou het hy gebel om te hoor hoekom? En ek wou weet of hy vra vir ’n tweede kans? Maar hy het nie geantwoord nie en ek het die pad na die kansel gestap waar ’n ander man gestaan het. ’n Man so stewig soos ’n anker in ’n storm see, met ’n skewe glimlag, raak vat hande, geen kuif en ’n sagte stem.

Ek sou omgedraai het, as hy wou. Die eens beminde man. Die man van my asem. As hy maar net wou vra, maar hy het nie. Die ketting om sy enkel het te styf gespan, en my gered.

Hy is dood, die asem-man. Dood in ’n hospitaal na ’n straatgeveg voor ’n nagklub.

Voor sy dood het hy my besoek in ’n droom. Vir my gesê hy is nou reg, ek moet kom, hy het my nodig.

Maar, ek het ’n man bemin. ’n Man so stewig soos ’n anker in ’n storm see, met ’n skewe glimlag, raak vat hande, geen kuif en ’n sagte stem. Ek het omgedraai en weggeloop en hy het in die pad gaan sit. Alleen, stukkend, sielloos.

En toe is hy dood.

9 thoughts on “Ek het eens ‘n man bemin

  1. Onthou how I said I love reading your blog posts? Net die Engelse ones. Ek Kan nie die Afrikaans Se ones verstaan nie. I feel like I did when I saw Nathaniel live…. I am totally missing out because of my limited language skills.

    Like

    • Dearest Crossedwire:) Just for you I will attempt a translation as there are certain things… matters of the deepest recesses of my heart, that can only be said in Afrikaans. But here goes:
      I loved a man once. Not an attractive man. ‘n Young man with a body of strange proportions, ‘n big nose, long fingers, full lips, chocolate brown eyes, wavy hair and a voice that tasted like red wine. I loved him with every breath I had.

      For a long time. A very long time.

      A week before I got married he phoned to hear why I would do such a thing. And I wanted to know if he wanted a secnd chance? He never answered and I married another. A man as solid as an anchor in a stormy sea, with a crooked smile,strong hands, no hair and a soft manner.

      I would have turned around, he just needed to say the words. This man, I once loved. This man that I loved with all of me. He just had to ask, but he didn’t. He was bound to something else, and that somehow saved me.

      He died, this beloved man. In a hospital after a streetfight at a night club.

      I dreamt of him before he died. He came to say that he was ready now, would I please come, he needed me.

      But, I loved a man. A man as solid as an anchor in a stormy sea, with a crooked smile, strong hands, no hair and a soft spoken manner. I turned around and walked away, leaving him in the middle of the road. Alone, broken, spiritless.

      Then he died.

      Like

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s