Pers

Ék, is in ’n pers seisoen in my lewe. My bril is pers, my hare het pers strepe (bietjie gebleik nou al) en so titsel oranje in. My vingernaels is die allermooiste pers geverf. Sulke blinkerige oogvang pers naels.

Tussen die besadigde kleure van blou en swart in my kas is dit die pers, bloedrooi en die oranje wat die oog vang. O ja, en pienk. Ek hou van pers. Ek hou van dit wat pers simboliseer.

Eendag, kort na my pa se dood, het ek vir ’n kursus gegaan en soos gewoonlik was ek vroeg. Ek sit toe maar so in my motortjie, ’n rooie, en skryf in my joernaal, met die venster ’n skrefie oop, toe daar ’n Jakaranda blommetjie inwaai. ’n Klein-klein Jakaranda blom, sodat dit deur die klein-klein skrefie van my oop motor ruit kan waai, om vir my te kom vertel, dat Hy weet, dat Hy sien, dat Hy hoor, en dat Hy verstaan.

Mense vertel my dat pers my groen oë nog groener maak. Dat my oë uitstaan. (Ek sien dan altyd sulke beelde van ’n slak met sy oge uit op stelte!) Maar, nou neem ek die kompliment en smeer die pers eyeshadows, dra die pers bril en hoop dat die mense lank genoem kyk om die groen oë raak te sien! Miskien sal hulle sien wat die boeke vertel van mense in ’n pers seisoen.

Wat is my pers seisoen?

Dit is die publikasie van ’n boek en nog een oppad.

Dit is die gaan stil staan en sê, “Weet jy wat? Ek is damn oraait! And if you do not like it, stuff it! Hier is ek, Marlize.”

Dit is om die postief te sien wanneer die reën uitsak en my nuutgewasde wasgoed op die draad soak, en te besef dat dit nou die beste rinsing kry. Dit is die rustig sit in ’n koffie winkel en mense onbeskaamd dophou, sonder om eensaam te voel.

Dit is die stilsit in my kar wanneer ek by huis kom en die doodse stilte te embrace, voor die kleinman by die deur uitbars en skreeu, “Ons is nog hier, Mamma! Ons het jou gemis!”

Om pers te wees, beteken om weer ’n boek te lees, tien jaar later, en dan jou ou baas te bel en vir hom dankie te sê vir die geleentheid wat hy geskep het. Om laggend vir hom te vertel dat jy dit nie toe verstaan het nie, maar dat jy dit nou snap! En dankie, dankie, dankie!

My pers is in die besef dat my rots van ’n man, sy persoonlike vervulling opsy skuif, sodat hy kan voorsien aan sy gesin. In die kneusing van sy hart, en sy menswees, neem ek die pers op en ek buig in diepe dankbaarheid my kop.

Ja, ek is pers. In volle blom soos die Jakarandas in Pretoria, soos die Jakarandas in Perth, wat op aandag staan met hul takke uitgestrek, asof hulle hande oor die straat wil vat en hul wil oorgee in malse aanbidding!

Pers, op die stadium in my lewe is stadig leef. Minder stres. Meer wees. Dieper bid, Hom meer leer ken. Myself meer aanvaar, ander meer aanvaar.

Pers vir nou, is om stil te bly, en te eindig met “Sela”.

4 thoughts on “Pers

  1. Man maar jy som die pers kleur goed op. Die kleur is gevoelvol, sag en rustig. Ek kan myself nogal sien met pers. In my jeug het ek gengen violet(spelling?) gebruik om hare mee af te spoel. My blonde hare het dan so n sagte pers skynsel gehad. Skoolkinders het natuurlik baie te sê gehad as ek elke nou en dan gepers skooltoe gekom het. (Ek het sommer na jou boek gekyk. Jy het my sommer ook aangesteek om iets in mekaar te slaan en eboek vorm te doen. Wil my kort fiksie storietjies boekstaaf)

    Like

  2. Pingback: Toeka-Tokkel no 29 : Familie | I scrap 2

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s