Die Boer van Dankbaar

Die boer van Dankbaar het nou die dag weer voor my ingedraai.

Die Peter Stuyvesant tussen sy geel vingers vasgeknyp. Sy elmboog het by die bakkie uitgehang en die bottel Stopayne het onder die sitplek uitgesteek.

Sy oë was steeds waterblou.

Die koffie was soet op die hoek van die tafel en die melkbrood warm uit die oond. Die piering was die doopkom wat hy gulsig opgeslurp het.

Die boer van Dankbaar het nou die dag weer voor my ingedraai.

Die Peter Stuyvesant het tussen sy lippe gehang en die rookgevlekte vingers het die stuurstang omvou. Die blou Cressida het die pad geken tussen die sand paaie. Die boksie Stopayne het in die sitplek se sak geskuil.

Die Okapi mes is skerp geslyp op die klip onder die sering.

Die waatlemoen se skywe was soeter as die koffie.

Die boer van Dankbaar het nou die dag weer voor my ingedraai.

Die Peter Stuyvesant het op die winde van sy asem gejaag. Hy het sy broek aan die kruisbande opgetrek en die leë Stopyane teruggeskop.

Sy kop was deurmekaar.

Die tafel was leeg en haar gees was sy enigste kuiergas.

Die boer van Dankbaar het nou die dag weer voor my ingedraai.

Die Peter Stuyvesant se kooltjie het lankal uitgebrand. Sy hande het krampagtig aan die bande getrek terwyl die drip hom sus.

Sy liggaam was leeggevreet deur die seer in sy maag

Die dementia van sy verlede sy konstante metgesel.

Die boer van Dankbaar het nou die dag weer voor my ingedraai.

En toe was hy weg.

(Deel van Toeka-tokkel)

4 thoughts on “Die Boer van Dankbaar

  1. Dis baie mooi beskrywend van daardie tyd se “boer” wat rook, elmboog wat uit venster hang, soet koffie, alles presies so. Dankie vir jou skryf oor familie.vir Toeka -Tokkel

    Like

  2. Pingback: Toeka-Tokkel no 30 : Teater | I scrap 2

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s