Sielsbande

Eendag lank terug het ’n jong man nie ’n woord kon uitkry toe hy my sien.

“God, woman, but you are beautiful,” het hy gestamel.

En in my sweetpakbroek, met deurmekaar hare, het ek beeldskoon geword.

Weke later het dieselfde man my in die straat voor hul huis gevra om eendag tog met hom te trou en ek sou… Ek sou my siel vir hom gee, my liggaam en my hart, maar die onstuimigheid in sy bors en die rebelsheid was te veel vir die onskuld in my opstandige hart.

Wat gebeur wanneer die liefde tussen kinders te groot is vir die grootmense rondom hulle? Wat gebeur wanneer die ouers onkant gevang word deur die intensiteit, wat ook hul eenmaal geken het? Hul trek die leisels stywer, kniehalter die kind en met liefdevolle dwang, dwing hul hom om te drink van die fontein, wat hulle uitgekies het.

Die siel bly roep. Die siel bly wonder. Die siel bly gebonde.

Ek het nog nooit weer ’n man so woordeloos gehad nie.

Die swaai van my heupe het een wel al laat snak na sy asem. My lyflike beloftes het ’n ander al by breekpunt laat draai. Maar nog nooit daarna, het ek so asembenewend mooi gevoel, soos hy my laat voel het nie.

Eendag, toe ek nog ’n universiteitstudent was, het ek in ’n oomblik van piëteit gebid, “Here, as ek hom dan nooit weer moet sien nie, red dan net sy siel.” Tog, jare later, omtrent agt maande na my pa se dood, het ek hom weer opgesoek…het die herinnering in my lyf, hom weer gesoek. Vir twee minute, net vir twee, het ek in die kring van sy arm gestaan. Die professionele plomp vrou, en die professionele oorgewig IT man, wie steeds rebels die grense probeer skuif het.

Jare later het ek by sy ma gehoor hy is bewusteloos geskop voor die deure van ’n nagklub en weke later is hy oorlede in die Unitas Hospitaal in Pretoria.

Dink jy sy siel is nou verlore?

2 thoughts on “Sielsbande

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s