Middeljarige Martha se Storie

…eendag dan vertel ek vir jou ‘n storie, een wat alle kante toe hol, en dan, dan wanneer jy dink jy verstaan nie ding, gebeur dit wat nooit moes gebeur het nie… Maar dis eendag, vir nou, het ek niks. Ek het net die moegheid in my blaai, die pyn in my knieë en my…

Sielsbande

Eendag lank terug het ’n jong man nie ’n woord kon uitkry toe hy my sien. “God, woman, but you are beautiful,” het hy gestamel. En in my sweetpakbroek, met deurmekaar hare, het ek beeldskoon geword. Weke later het dieselfde man my in die straat voor hul huis gevra om eendag tog met hom te…

Die Boer van Dankbaar

Die boer van Dankbaar het nou die dag weer voor my ingedraai. Die Peter Stuyvesant tussen sy geel vingers vasgeknyp. Sy elmboog het by die bakkie uitgehang en die bottel Stopayne het onder die sitplek uitgesteek. Sy oë was steeds waterblou. Die koffie was soet op die hoek van die tafel en die melkbrood warm…

Pers

Ék, is in ’n pers seisoen in my lewe. My bril is pers, my hare het pers strepe (bietjie gebleik nou al) en so titsel oranje in. My vingernaels is die allermooiste pers geverf. Sulke blinkerige oogvang pers naels. Tussen die besadigde kleure van blou en swart in my kas is dit die pers, bloedrooi…

Who can know the heart?

I was there on the 24th of June, 2015. Me and my little family of four sat all by our lonesome own some in the four seats allocated to us by the big machine in the sky and we listened to “Die Manne wat Glo”. I do not do church to be entertained. I go…

Ek het eens ‘n man bemin

Ek het eens ’n man bemin. Nie ’n mooi man nie. ’n Jong man met ’n lyf buite verhouding, ’n groot neus, lang vingers, vol lippe en bokkie bruin oë, met ’n wegflip kuif, en ’n rooi wyn stem. Ek het hierdie man met my hele asem lief gehad. Vir lank. Baie lank. ’n Week…