Middeljarige Martha se Storie

…eendag dan vertel ek vir jou ‘n storie, een wat alle kante toe hol, en dan, dan wanneer jy dink jy verstaan nie ding, gebeur dit wat nooit moes gebeur het nie… Maar dis eendag, vir nou, het ek niks. Ek het net die moegheid in my blaai, die pyn in my knieë en my…

Sielsbande

Eendag lank terug het ’n jong man nie ’n woord kon uitkry toe hy my sien. “God, woman, but you are beautiful,” het hy gestamel. En in my sweetpakbroek, met deurmekaar hare, het ek beeldskoon geword. Weke later het dieselfde man my in die straat voor hul huis gevra om eendag tog met hom te…

Pers

Ék, is in ’n pers seisoen in my lewe. My bril is pers, my hare het pers strepe (bietjie gebleik nou al) en so titsel oranje in. My vingernaels is die allermooiste pers geverf. Sulke blinkerige oogvang pers naels. Tussen die besadigde kleure van blou en swart in my kas is dit die pers, bloedrooi…

‘n Bigamis word uitgevang

Ben sit gemaklik agteroor in die rusbank en lig die KWV vyf jaar oud na sy lippe. Elsa vang haarself vir ’n oomblik dat sy selfversekerde houding haar ietwat aan ’n ‘baas van die plaas’ herinner. Sy skud haar kop liggies, asof sy die gedagte wil wegskud en sak self bietjie meer in die gemakstoel…

Familie moles

Paul gaan sit stadig in die hoek van sy geliefde koffiewinkel. Die klanke van die koffiemasjiene en die reuke maak hom altyd rustig, asof dit sy siel lawe. Hier kan hy in rus en vrede sit wanneer Bettie besig is met haar inkopies. Sy heupe neuk nou al ’n ruk lank en as hy eers…

Skoonmaak moles

Martie sluit die huurhuis deur oop en spring opsy toe die hond uithardloop. Sy is nie ’n skrikkerige mens nie, maar voel tog bietjie onverhoeds betrap deur die teenwoordigheid van die hond. Dit gebeur soms dat huurders oornag pad geen en hul troeteldiere agterlos. Sy is sommer gegrief, sy kan haar voorstel dat dit ’n…

Laat dit tog net ‘n poep wees…

Dit het begin met ’n poep, nie een van daardie harde poepe nie, ook nie een van daardie stilletjies met ’n dodelike klank nie. Nee, die een het nie die liggaam verlaat nie, maar die vernietiging wat dit saai in die holtes van jou borskas, die naarheid in jou pens, en veral in die kronkelpaaie…