Die onsigbare vroue

Ek vertel gereeld tong in die kies dat ek ’n tall and slim personality het, maar dat ek in werklikheid kort en vet is. Daar was ’n tyd many moons ago dat ek ten spyte van die kortgeit eintlik heel skaflik gebou was, en gekombineer met daardie lank en skraal persoonlikheid was ek nogals… nou…

Dankie Kim Kardashian

Ek is Kim Kardashian baie dank verskuldig. Ons het nie veel in gemeen nie behalwe een ding, of is dit nou twee? Ons beide het groot uhmmm…. Boude. Agterstewes. Derrieres. En die boude en die heupe hy gaan saam. Ek hou die vrou nou al ‘n ruk lank dop en ek verwonder my aan haar…