Ek hou nie van oud word nie

Wie is dood wonder ek, toe ek nou die dag myself so in die spieël betrag. My gesig lyk klipsteen hard met sulke diep groewe om die mond. Die ken lyk langer as gewoonlik en die lippe, wat gewoonlik sensueel opwaarts trek, dreig al hoe meer afwaarts. Ek lyk kompleet soos iemand in diepe rou.…

Die onsigbare vroue

Ek vertel gereeld tong in die kies dat ek ’n tall and slim personality het, maar dat ek in werklikheid kort en vet is. Daar was ’n tyd many moons ago dat ek ten spyte van die kortgeit eintlik heel skaflik gebou was, en gekombineer met daardie lank en skraal persoonlikheid was ek nogals… nou…